28 |
As ek dit dan afgehandel het en alles rondom hierdie insameling veilig afgerond het, wil ek by julle langs na Spanje toe reis. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
28 |
Wanneer ek hierdie werk klaar gedoen het, en wanneer ek die geld veilig vir die gelowiges in Jerusalem gegee het, dan kom ek na julle toe en dan gaan ek verder na Spanje. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
28 |
Sodra ek hierdie wonderlike geldelike bydrae van die gelowiges uit Masedonië en Agaje veilig in Jerusalem besorg het, gaan ek Spanje toe. Op pad soontoe kom bly ek dan by julle daar in Rome oor. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
28 |
As ek daarmee klaar is en die volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje toe reis. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
28 |
As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|