A A A A A
1 Samuel 6
5
Sodoende sal julle eer betoon aan die God van Israel. Dalk sal Hy dan ophou om julle, julle gode en julle land te teister.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Julle moet beelde van die sere maak en ook beelde van die muise wat alles in die land opvreet, en julle moet dit vir die God van Israel gee om Hom te eer. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Maak beeldjies van die swere en van die rotte wat julle land verniel, en erken só dat die God van Israel ’n magtige God is. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle lê nie, ook nie op julle gode en op julle land nie.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land.
Afrikaanse Bybel 1933/1953