19 |
Die Here het egter 70 man van Bet-Semes laat sterf omdat hulle die ark van die Here bekyk het. Die inwoners het gerou omdat die Here so baie mense laat sterf het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Die mense van die stad Bet-Semes het gekyk na die kis van die Here, en toe het die Here 70 van hulle laat sterf. Die mense van Bet-Semes het gehuil en getreur omdat die Here so baie van hulle laat sterf het |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Die Here het die mense van Bet-Semes swaar gestraf omdat hulle in die ark geloer het. Hy het 70 van die 5 000 inwoners laat doodgaan. Die mense van Bet-Semes het gehuil omdat die Here hulle so hard geslaan het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Maar die Here het die inwoners van Bet-Semes getref omdat hulle die ark bekyk het. Hy het sewentig man onder hulle laat sterf. Toe het hulle gerou omdat die Here hulle so swaar getref het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftig duisend man gedood, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het; en die volk het getreur, omdat die HERE 'n groot slagting onder die volk aangerig het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|