A A A A A
1 Samuel 6
12
En sowaar, daar gaan die koeie reguit met die pad na Bet-Semes toe terwyl hulle loop en bulk! Die Filistynse heersers het hulle tot by die grens by Bet-Semes gevolg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Die koeie het reguit geloop op die pad na Bet-Semes toe. Hulle het op die pad gebly en hulle het aangehou om te bulk. Hulle het nie links of regs gedraai nie, en die leiers van die Filistyne het agter hulle geloop tot waar die grond van Bet-Semes begin.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Die koeie het reguit na Bet-Semes toe geloop. Hulle het geloop en bulk, maar al die tyd padlangs gehou sonder om links of regs af te draai. Die regeerders van die stadstate het agter die wa aangeloop tot by die grens van Bet-Semes.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Die koeie het reguit met die pad langs na Bet-Semes toe geloop, bulk-bulk al met die grootpad langs. Hulle het nie links of regs weggedraai nie, terwyl die Filistynse regeerders agter hulle aan geloop het tot by die gebied van Bet-Semes.
Afrikaanse Bybel 1983

12
En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.
Afrikaanse Bybel 1933/1953