A A A A A
1 Samuel 4
9
Filistyne, julle sal met mag en mening moet veg! As julle dit nie doen nie, sal ons die slawe van die Hebreërs word soos hulle ons slawe was!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Filistyne, julle moet sterk wees, julle moet dapper wees! Anders sal julle verloor teen die Hebreërs en dan sal julle moet werk vir hulle, soos hulle vir julle gewerk het. Julle moet dapper wees, julle moet hard veg.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Vandag moet julle sterk staan, Filistyne! Wys julle is manne! As julle dit nie doen nie, word julle die Hebreërs se slawe soos hulle júlle slawe is. Wys julle is manne en veg!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Nou sal julle moet dapper wees! Gedra julle soos manne, Filistyne, sodat julle nie miskien slawe word van die Hebreërs soos hulle júlle slawe was nie. Gedra julle soos manne en veg!”
Afrikaanse Bybel 1983

9
Wees dapper en gedra julle soos manne, Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs dien soos hulle julle gedien het nie; gedra julle dan soos manne, en veg.
Afrikaanse Bybel 1933/1953