5 |
Toe die Israeliete sien dat die verbondsark van die Here die kamp ingebring word, het hulle gejuig van blydskap. Die gejuig was so hard dat die grond gebewe het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Toe die verbondskis van die Here by die kamp van die Israeliete kom, het hulle almal hard geskree, want hulle wou begin oorlog maak. Die aarde het geskud. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Toe die ark van die Here in die kamp kom, het al die Israeliete geskreeu dat die aarde bewe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
Toe die verbondsark van die Here in die laer kom, het die hele Israel so hard geskreeu dat die aarde weergalm het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|