A A A A A
1 Samuel 4
19
Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en op haar laaste. Toe sy hoor dat die ark van God geneem is en dat haar man en skoonpa dood is, het geboortepyne haar oorval.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger, en die tyd was naby dat sy haar baba moes kry. Toe sy hoor dat die Filistyne die kis van God gevat het en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy pyn begin kry en krom gebuig, en haar kind is gebore. Sy kon dit nie keer nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Eli se skoondogter, Pinehas se vrou, het ’n baba verwag en die tyd van die geboorte was naby. Toe sy hoor dat die Filistyne die ark van God gevat het, en dat haar skoonpa en haar man dood is, het die geboortepyne skielik begin. Sy het haar knieë opgetrek en gekraam.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Sy skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en sy was op haar laaste. Toe sy die tyding kry dat die ark gevat is en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy vooroor inmekaargetrek en 'n kind in die wêreld gebring, want die geboortepyne het haar oorval.
Afrikaanse Bybel 1983

19
En sy skoondogter, die vrou van P¡nehas, was v,r heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.
Afrikaanse Bybel 1933/1953