A A A A A
1 Samuel 4
14
“Waaroor is al die geraas en oproer?” het Eli gevra. Die boodskapper het na Eli toe gehardloop.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Eli het gehoor hulle skree, en hy het gevra: “Hoekom skree die mense?” Toe kom die man vinnig na Eli toe om vir hom te vertel wat gebeur het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Eli het die geskree gehoor en gevra: “Watse geraas is dit?” Die boodskapper het gou na Eli toe gehardloop om vir hom te vertel wat gebeur het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Eli het die gekerm gehoor en gesê: “Wat skreeu die mense so?” Die man het gou vir Eli kom vertel.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor, sê hy: Wat is dit vir 'n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan Eli meegedeel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953