A A A A A
1 Samuel 31
1
Intussen het die Filistyne Israel aangeval. Die Israeliete het op die vlug geslaan. Baie van hulle het teen die hange van Gilboaberg gesneuwel.
2
Die Filistyne het hulle op Saul en sy seuns toegespits en al drie seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak.
3
Die aanslag op Saul het al strawwer geword. Die boogskutters het hom ingehaal en hom ernstig gewond.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Filistyne het oorlog gemaak teen die Israeliete. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, en die Filistyne het baie Israeliete doodgemaak op Gilboa-berg.
2
Die Filistyne het ook teen Saul en sy seuns geveg en hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malki-Sua gevang en doodgemaak.
3
Daarna het die Filistyne vir Saul aangeval, die Filistyne wat met pyl en boog skiet, en Saul het baie bang geword vir hulle.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Filistyne het die Israeliete aangeval. Die manskappe van Israel het vir die Filistyne begin vlug en baie is op Gilboaberg dood.
2
Die Filistyne het Saul en sy seuns ingehaal, en al drie sy seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak.
3
Toe keer hulle Saul vas. Die manne wat met pyl en boog skiet, het hom onder skoot gekry en hom ernstig gewond.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die Filistyne het vir Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.
2
Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malkisua neergevel
3
en toe die aanval op Saul toegespits. Die boogskutters het hom in die oog gekry, en hy het baie bang vir hulle geword,
Afrikaanse Bybel 1983

1
Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilboa gelê.
2
En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jonatan en Abin dab en Malkisua, die seuns van Saul, gedood.
3
Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.
Afrikaanse Bybel 1933/1953