A A A A A
1 Samuel 31
9
Hulle het Saul se kop afgekap en sy wapenrusting afgestroop. Hulle het dit deur die hele land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus te versprei en om dit in die tempel van hulle afgode en onder die mense bekend te maak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Hulle het Saul se kop afgekap en hulle het sy wapens gevat. Hulle het dit in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Hulle het sy kop afgekap en sy oorlogsklere en wapens gevat. Hulle het mense deur hulle hele land rondgestuur om in hulle afgodstempels en vir al die mense die goeie nuus te vertel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Hulle het sy kop afgesny en sy wapens afgeruk en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus in hulle tempels en aan hulle mense bekend te maak.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En hulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953