A A A A A
1 Samuel 31
8
Die volgende dag, toe die Filistyne gaan om die lyke te plunder, kry hulle die lyke van Saul en sy drie seuns daar op Gilboaberg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Die dag na die geveg het die Filistyne die klere en wapens wat aan die lyke was, gaan afhaal. Hulle kry toe vir Saul en sy drie seuns waar hulle dood lê op Gilboaberg.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy drie seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het.
Afrikaanse Bybel 1983

8
En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar lê op die gebergte Gilboa.
Afrikaanse Bybel 1933/1953