A A A A A
1 Samuel 31
4
Toe beveel Saul sy wapendraer: “Vat jou swaard en steek my daarmee dood voordat hierdie onbesnede Filistyne my doodsteek en my verneder.” Maar sy wapendraer was bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul self die swaard en val daarin.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Hy het vir sy wapendraer gesê: “Jy moet jou swaard neem en jy moet my doodsteek. Ek wil nie hê hierdie heidene moet my kom doodsteek en vir my lag nie.” Maar sy wapendraer wou dit nie doen nie, hy was bang. Toe neem Saul self sy swaard en hy val daarop. Die swaard het deur hom gesteek.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hy sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en steek my dood. Anders kom hierdie klomp heidene en steek my met hulle swaarde en laat my ly.” Maar die wapendraer was te bang om dit te doen. Saul vat toe sy eie swaard en pleeg selfmoord.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my doodsteek en in oneer laat sterf nie.” Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
Afrikaanse Bybel 1933/1953