10 |
Hulle het Saul se wapenrusting in die tempel van Astarte uitgestal en sy liggaam teen die muur van Bet-San opgehang. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Hulle het Saul se wapens in die tempel van Astarte gesit en hulle het sy lyk teen die muur van die stad Bet-San opgehang. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Hulle het sy oorlogsklere en wapens in die tempel van die Astartegodin neergesit en sy lyk aan die muur van Bet-San opgehang. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Daarna het hulle sy wapenrusting in die tempel van Astarte gesit en sy lyk het hulle teen die muur van Bet-San vasgespyker. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Daarna het hulle sy wapens in die Astarte-tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|