A A A A A
1 Samuel 30
1
Drie dae later, toe Dawid en sy manne in Siklag aankom, ontdek hulle dat die Amalekiete ’n strooptog in die Suidland uitgevoer het. Hulle het ook Siklag verower en tot op die grond toe afgebrand.
2
Hulle het die vroue en almal in die stad, klein en groot, as gevangenes weggevoer sonder om iemand dood te maak.
3
Toe Dawid en sy manne die ruïnes sien en besef wat met hulle families gebeur het,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Dawid en sy manne het op die derde dag by die stad Siklag aangekom. Terwyl hulle weg was, het die Amalekiete die mense in die Suid-land en in Siklag aangeval en hulle het alles gevat wat hulle kon kry. Hulle het Siklag aangeval en hulle het die stad verbrand.
2
Hulle het al die vroue wat in die stad was, gevang en weggevat. Hulle het niemand doodgemaak nie, hulle het die vroue voor hulle laat loop en hulle het verder gegaan.
3
Dawid en sy manne kom toe by die stad, en toe was dit afgebrand. Hulle vroue en hulle seuns en dogters was weg.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Toe Dawid en sy manne twee dae later by Siklag aankom, is die dorp afgebrand. Die Amalekiete was op ’n strooptog in die Negev, en Siklag het ook in die slag gebly.
2
Die Amalekiete het niemand doodgemaak nie, maar hulle het al die vroue en kinders gevang en met hulle saamgevat.
3
Toe Dawid en sy manne in die afgebrande dorp kom en besef dat hulle vroue en seuns en dogters ontvoer is,
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag aankom, het die Amalekiete al klaar 'n strooptog onderneem teen die Suidland en teen Siklag. Hulle het Siklag verower en afgebrand.
2
Hulle het die vrouens en almal daarin, groot en klein, as krygsgevangenes weggevoer. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar almal gedwing om saam met hulle te gaan.
3
Toe Dawid en sy manne in die dorp kom, was dit afgebrand en hulle vrouens, seuns en dogters was as gevangenes weggevoer.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.
2
En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.
3
Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953