8 |
Toe vra Dawid vir die Here: “Moet ek hulle agternasit? Sal ek hulle inhaal?” En die Here het geantwoord: “Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en almal red.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
en Dawid het vir die Here gevra: “Hierdie mense het ons vroue en kinders en ons goed weggevat, moet ek hulle volg en jaag? Sal ek hulle kan vang?” Die Here het vir hom gesê: “Jy moet hulle volg en jaag, want jy sal hulle kan vang en jy sal jou mense red. Dit is seker.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
en toe vra hy vir die Here: “Moet ek agter hierdie klomp rowers aangaan en sal ek hulle kan inhaal?” Die antwoord was: “Ja, sit hulle agterna. Jy sal hulle vir seker inhaal en jou mense red.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek hierdie bende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, want jy sál hulle inhaal en jou mense red.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|