A A A A A
1 Samuel 30
20
Hy het beslag gelê op al die kleinvee en beeste. Sy manskappe het dit voor hulle uit aangejaag en gesê: “Dit is Dawid se beloning!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Hy het die skape en bokke en beeste gevat en hy het hulle voor die ander diere verder gejaag. Die mense het gesê: “Dit is die goed wat Dawid gevat het.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Hy het al die skape en beeste wat by die Amalekiete was, laat aankeer. Die mense het hierdie diere in ’n trop aangejaag voor die ander diere wat by hulle was. Hulle het gesê: “Hierdie is Dawid se goed.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Hy het ook al die skape en beeste teruggevat. Sy mense het die goed voor hom uitgedrywe en hulle het gesê: “Dis Dawid se buit.”
Afrikaanse Bybel 1983

20
En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.
Afrikaanse Bybel 1933/1953