A A A A A
1 Samuel 30
17
Dawid en sy manskappe het op hulle afgestorm en hulle vanaf skemeraand deur die nag tot die volgende oggend afgemaai. Behalwe 400 jong Amalekiete wat op hulle kamele gevlug het, het niemand ontkom nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Dawid het hulle aangeval van vroeg die oggend tot die aand van die volgende dag. Net 400 jongmanne het nie gesterf nie. Hulle het op kamele geklim en gevlug.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Dawid het die volgende môre toe dit lig word, teen hulle begin veg en tot die aand aangehou. Behalwe 400 jong manne wat op kamele gespring en weggejaag het, het daar nie een van hulle weggekom nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Dawid het van die laat middag af tot die aand toe en dwarsdeur tot in die vroeë oggend teen hulle geveg en hulle verslaan. Nie een het ontsnap nie, behalwe vier honderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het.
Afrikaanse Bybel 1983

17
En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953