A A A A A
1 Samuel 30
14
Ons het strooptogte uitgevoer in die Suidland van die Kretense in die gebied van Juda en die Suidland van Kaleb. Ons het ook Siklag afgebrand.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Ons het die mense in die Suid-land van die Filistyne aangeval. Ons het hulle goed gevat en ook mense in party stede van Juda en in die Suid-land waar die Kaleb-families woon. Ons het Siklag verbrand.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Ons was op ’n strooptog in die Negev waar die Filistyne en Judeërs en die Kalebfamilie bly. Ons het Siklag afgebrand.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Ons het 'n strooptog onderneem in die Filistynse Suidland wat aan Juda behoort, en in die Suidland van Kaleb en ons het Siklag afgebrand.”
Afrikaanse Bybel 1983

14
Ons het 'n inval gedoen in die Suidland van die Kretiërs en in die van Juda en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met vuur verbrand.
Afrikaanse Bybel 1933/1953