A A A A A
1 Samuel 30
12
Hulle het vir hom ook ’n stuk vyekoek en twee trosse rosyntjies gegee, want hy het vir drie dae niks te eet of te drink gehad nie. Kort voor lank het hy sy kragte herwin.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
en droë vye en twee koeke rosyne. Hy het geëet en hy het toe beter gevoel, want hy het drie dae lank niks geëet of gedrink nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
gee hulle hom ook nog ’n hand vol gedroogde vye en twee rosyntjiekoeke. Nadat hy dít geëet het, het hy begin regkom, want hy het vir drie dae en nagte nie nat of droog oor sy lippe gehad nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Toe gee hulle hom 'n stukkie gedroogde vye en twee trossies rosyntjies en nadat hy dit geëet het, het hy weer reggekom, want hy het drie dae en nagte nie kos geëet of water gedrink nie.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953