A A A A A
1 Samuel 3
21
Die Here het weer in Silo verskyn en daar sy woord aan Samuel geopenbaar. Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Die Here het van toe af weer in Silo verskyn, want toe Hy in Silo met Samuel gepraat het, het Hy vir Samuel gewys wie Hy is. Samuel het met al die Israeliete gepraat.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Die Here het meer kere in Silo verskyn. Hy het daar met Samuel gepraat en Samuel het die Here goed leer ken.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

21
En die HERE het weer verskyn in Silo; want die HERE het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953