A A A A A
1 Samuel 3
15
Samuel het tot die oggend bly lê. Toe het hy opgestaan en soos gewoonlik die deure van die heiligdom van die Here oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom gesê het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Samuel het tot die oggend op sy bed gelê. Toe het hy die deure van die tempel oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom kom sê het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Samuel het tot die môre bly lê en die deure van die Here se tempel oopgemaak. Hy was te bang om vir Eli te vertel wat in die nag gebeur het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Daarna het Samuel gaan lê tot die oggend, en toe die deure van die huis van die Here oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel.
Afrikaanse Bybel 1983

15
En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953