A A A A A
1 Samuel 3
1
Intussen het die seun Samuel die Here gedien onder Eli se toesig. In daardie tyd was boodskappe van die Here baie skaars en visioene was seldsaam.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die seun Samuel het vir die Here gewerk saam met Eli. In daardie tyd het die Here min met mense gepraat en Hy het nie baie maal vir hulle iets gewys nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die seuntjie Samuel het onder Eli se toesig in die tempel gehelp. Die woord van die Here was skaars in dié tyd. Die Here het met niemand gepraat nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953