A A A A A
1 Samuel 27
9
Dawid het niemand laat oorbly uit die dorpe wat hy aangeval het nie. Hy het hulle kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere gebuit. Dan het hy teruggekeer en na Akis toe gegaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Wanneer Dawid 'n land aangeval het, dan het hy almal doodgemaak, mans en vroue. Dan het hy hulle klere gevat en die skape en bokke en beeste en donkies en kamele, en hy het teruggegaan. En wanneer hy by Akis gekom het,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Wanneer Dawid so ’n gebied aangeval het, het hy al die mense doodgemaak. Maar die skape en beeste en donkies en kamele en die mense se klere het hy saamgevat. Dan het hy altyd na Akis toe teruggegaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Wanneer Dawid 'n gebied verower het, het hy geen man of vrou laat lewe nie. Hy het skape en beeste, donkies en kamele en klere buitgemaak. Dan het hy omgedraai en na Akis toe gegaan.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En so dikwels as Dawid die land oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom,
Afrikaanse Bybel 1933/1953