A A A A A
1 Samuel 27
8
Dawid en sy manne het van tyd tot tyd strooptogte op verskillende groepe uitgevoer en die Gesureërs, die Geseriete en die Amalekiete aangeval. Hulle het nog altyd die gebied van Olam af op pad na Sur in die rigting van Egipte bewoon.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Hy en sy manne het die mense van Gesur en Geser en ook die Amalekiete gaan aanval. Dit was die mense wat lank gelede tussen Sur en Egipte gewoon het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Terwyl hy daar was, het hy en sy manne strooptogte uitgevoer op die Gesurstam, op die mense van Geser en die Amalekiete. Hierdie mense het in die streek van Telam af na Sur toe en tot by Egipte gebly.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Dawid en sy manne het van tyd tot tyd opgetrek en dan het hulle die Gesureërs of die Geseriete of die Amalekiete aangeval. Dit is die mense wat die gebied bewoon van Olam af waar jy ingaan na Sur toe tot by Egipte.
Afrikaanse Bybel 1983

8
En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die land in die rigting van Sur en tot aan Egipteland.
Afrikaanse Bybel 1933/1953