A A A A A
1 Samuel 27
12
Akis het Dawid vertrou en gedink: “Teen hierdie tyd is hy sekerlik in onguns by die Israeliete. Nou sal hy hier moet bly en vir altyd my onderdaan wees.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Akis was nie bekommerd oor Dawid nie, hy het gedink: Dawid se eie mense in die volk Israel praat baie sleg van hom, hy sal altyd vir my moet werk.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Akis het Dawid vertrou. Hy het gedink Dawid het sy naam so sleg gemaak by sy eie mense in Israel dat hy altyd vir hom wat Akis is, sou werk.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Akis het vir Dawid vertrou, want hy het gedink: hy het vir goed by sy volk Israel in onguns geraak. Hy sal altyd my onderdaan wees.
Afrikaanse Bybel 1983

12
En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by Israel, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953