A A A A A
1 Samuel 27
11
Hy het niemand laat bly lewe wat na Gat toe kon kom en vertel waar hy regtig was nie. Dit het keer op keer gebeur terwyl hy tussen die Filistyne gewoon het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Dawid en sy manne het altyd almal doodgemaak, mans en vroue, sodat niemand kon vertel wat hulle gedoen het nie. Dawid het dit altyd gedoen toe hy in die land van die Filistyne gewoon het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Dawid het nooit enige man of vrou lewendig na Gat toe gevat nie, want hy het gedink: “Anders verraai hulle ons en sê: ‘Dis wat Dawid gedoen het.’” Dit was Dawid se manier so lank as wat hy in die gebied van die Filistyne gebly het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Dawid het geen man of vrou laat lewe om na Gat toe te bring nie, want hy het gedink: anders verklik hulle ons en sê: “Dit is wat Dawid gedoen het.” Dit het hy gedoen so lank hy op die platteland by die Filistyne gewoon het.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om die na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê: So het Dawid gehandel. En dit was sy manier al die dae wat hy in die land van die Filistyne gewoon het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953