10 |
Wanneer Akis vra: “Waar het jy vandag ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die suidland van Juda,” of: “In die suidland van die Jeragmeëliete,” of: “In die suidland van die Keniete.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
dan het Akis gevra waar hulle daardie dag mense aangeval het en die mense se goed gevat het. Dan het Dawid gesê hulle het die mense in die Suid-land van Juda aangeval of die Jeragmeël-families of die Keniete in die Suid-land. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
As Akis hom dan vra: “Waar het julle nóú weer ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die Negev van Juda,” of “in die Negev waar die Jeragmeëlfamilie bly,” of “in die Negev waar die Keniete bly.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
En as Akis vra: “Vir wie het julle nou weer oorval?” antwoord Dawid: “Die Suidland van Juda” of “die Suidland van die Jeragmeëliete” of “die Suidland van die Keniete.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
vra Agis: Waar het julle vandag 'n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suidland van die Jeragmeëliete en in die Suidland van die Keniete. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|