A A A A A
1 Samuel 26
1
Mense uit Sif het by Saul in Gibea aangekom en gesê: “Dawid skuil teen die Gakilarant aan die rand van die woestyn.”
2
Saul vat toe drie afdelings uitgesoekte manskappe en vertrek om Dawid in die Sifwoestyn te vang.
3
Saul het kamp opgeslaan langs die pad by Gakilarant, naby die woestyn waar Dawid weggekruip het. Dawid het egter gehoor dat Saul aangekom het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea. Hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg op die Gakila-berg naby die droë woestyn.”
2
Saul het gereedgemaak en hy het na die Sif-woestyn gegaan. Daar was 3 000 manne by hom, hy het hulle gekies uit die Israeliete. Hy wou vir Dawid gaan soek in die Sif-woestyn.
3
Saul het sy tente opgeslaan op die Gakila-berg naby die droë woestyn. Die tente was langs die pad. Dawid het in die woestyn gebly, en toe hy hoor dat Saul hom daar kom soek het,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Daar het mense van Sif af na Saul toe in Gibea gekom en vir hom gesê: “U weet seker dat Dawid daar op die Gakilarant, oorkant die Jeshimonwoestyn wegkruip?”
2
Saul het toe alles agtermekaar gekry en afgegaan na die Sifwoestyn met drie groepe van die beste manne van Israel om na Dawid te gaan soek.
3
Saul het langs die pad op die Gakilarant kamp opgeslaan wat oorkant die Jeshimonwoestyn lê. Dawid was nog in die woestyn en toe hy sien Saul kom soek dáár ook na hom,
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Daarna het Siffiete by Saul in Gibea gekom en gesê: “Dawid kruip weg op die Gakilarant teenoor die onherbergsame streek.”
2
Saul het toe klaargemaak en na die Sifwoestyn toe gegaan. Saam met hom was daar drie afdelings, uitgesoektes uit Israel, om Dawid in die Sifwoestyn op te spoor.
3
Saul het kamp opgeslaan langs die pad op die Gakilarant, wat teenoor die onherbergsame gebied is. Dawid het in die woestyn gebly. Toe hy hoor dat Saul tot in die woestyn agter hom aankom,
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die Sifiete het by Saul in G¡bea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hag¡la vooraan die wildernis nie?
2
Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drie duisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.
3
En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hag¡la wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in --
Afrikaanse Bybel 1933/1953