10 |
So seker as die Here leef, een of ander tyd sal die Here Saul tref: Óf sy tyd sal aanbreek dat hy sterf, óf hy sal in die geveg sterf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Ek weet, so seker soos die Here lewe, die Here sal Saul laat sterf, of Saul sal sterf wanneer dit sy tyd is, of hy sal oorlog toe gaan en sterf. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
So waar as die Here leef, die Here self sal Saul laat doodgaan: wanneer sy tyd kom, sal hy ’n natuurlike dood sterf, of hy sal in ’n geveg omkom. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Dawid het ook gesê: “So seker as die Here leef, die Here sal hom met 'n vroeë dood tref, of sy tyd sal aanbreek en hy sal sterwe, of hy sal gaan oorlog maak en hy sal omkom. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, •f sy dag sal kom dat hy sterwe, •f hy sal aftrek in die geveg en omkom! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|