A A A A A
1 Samuel 26
1
Mense uit Sif het by Saul in Gibea aangekom en gesê: “Dawid skuil teen die Gakilarant aan die rand van die woestyn.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea. Hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg op die Gakila-berg naby die droë woestyn.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Daar het mense van Sif af na Saul toe in Gibea gekom en vir hom gesê: “U weet seker dat Dawid daar op die Gakilarant, oorkant die Jeshimonwoestyn wegkruip?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Daarna het Siffiete by Saul in Gibea gekom en gesê: “Dawid kruip weg op die Gakilarant teenoor die onherbergsame streek.”
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die Sifiete het by Saul in G¡bea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hag¡la vooraan die wildernis nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953