A A A A A
1 Samuel 22
9
Toe antwoord Doëg die Edomiet wat oor Saul se veewagters aangestel was. “Toe ek in Nob was,” sê hy, “het ek gesien die seun van Isai praat met die priester Agimelek seun van Agitub.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die Edomiet Doëg het by die amptenare van Saul gestaan. Hy het vir Saul gesê: “Ek het gesien Dawid seun van Isai het na die stad Nob gekom na Agimelek seun van Agitub toe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Doëg, die man uit Edom, het self ook daar by Saul se amptenare gestaan. Hy sê toe: “Ek het gesien die seun van Isai kom daar by Nob aan, by Agimelek, Agitub se seun.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Doëg die Edomiet het tussen die amptenare van Saul gestaan en hy het gesê: “Ek het die seun van Isai gesien toe hy in Nob by Agimelek seun van Agitub gekom het.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by Ahim,leg, die seun van Ah¡tub.
Afrikaanse Bybel 1933/1953