3 |
Dawid het intussen die koning van Moab in Mispa besoek en vir hom gevra: “Mag my ouers hier by julle kom woon totdat ek weet wat God met my gaan doen?” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Dawid het weggegaan van die Adullam-grot na die stad Mispe in Moab en hy het vir die koning van Moab gevra: “Mag my ouers asseblief by julle kom bly totdat ek weet wat God met my sal doen.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
Dawid is daarvandaan na Mispe in Moab. Hy het vir die koning van Moab gevra: “Kan my pa en ma asseblief hier by u kom bly tot ek weet wat God met my gaan doen?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
Daarvandaan het Dawid na Mispe in Moab toe gegaan en vir die koning van Moab gevra: “Laat my ouers tog uitkom na u toe totdat ek weet wat God aan my sal doen.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê aan die koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat ek weet wat God met my wil doen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|