A A A A A
1 Samuel 22
2
Daarna het al meer mense wat in die moeilikheid was, of hulle skuld nie kon betaal nie, of oor iets ontevrede was, by hom aangesluit. Mettertyd was Dawid die leier van omtrent 400 man.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Almal wat probleme gehad het, het na Dawid toe gekom, en ook almal wat geld geskuld het en almal wat kwaad was vir ander mense. Dawid was hulle leier, en daar was omtrent 400 manne by hom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Mense wat in die moeilikheid was, wat in die skuld was of wat bitter was oor die een of ander ding, het ook na Dawid toe gegaan. Hy het hulle leier geword. Daar was omtrent 400 mense by hom.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Verder het elkeen wat in die moeilikheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was, by hom aangesluit, en hy het hulle leier geword. Daar was ongeveer vier honderd man by hom.
Afrikaanse Bybel 1983

2
Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrent vier honderd man met hom saam was.
Afrikaanse Bybel 1933/1953