19 |
Daarna is ook Nob, die priesterdorp, aangeval en al die mans, vroue, kinders en babas, asook al die grootvee, donkies en kleinvee afgemaai. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Hy het ook almal in die priesterstad Nob doodgesteek: mans en vroue, kinders en babas, beeste, donkies en skape. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Hy het ook alles in Nob, die dorpie waar die priesters gebly het, doodgemaak: mans en vroue, kinders, babatjies, beeste, donkies, skape en bokke. Almal is voor die voet met swaarde doodgesteek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Nob, die dorp van die priesters, is met die swaard uitgewis: man en vrou, kind en suigling, bees en donkie en kleinvee. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|