A A A A A
1 Samuel 22
14
“Maar, Koning,” verweer Agimelek hom, “daar is tog niemand onder u amptenare wat so betroubaar is as u skoonseun Dawid nie. Hy is dan die aanvoerder van u lyfwag en ’n geëerde lid van u huishouding!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Agimelek sê toe vir die koning: “Maar 'n mens kan vir Dawid glo, 'n mens kan hom meer glo as vir jou ander amptenare. Hy is jou skoonseun en hy is die hoof oor die mense wat jou moet oppas. Almal in jou familie respekteer hom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Agimelek antwoord die koning: “Maar, U Majesteit, wie van al u werkers is so getrou soos Dawid, u eie skoonseun, hoof van u lyfwag, iemand vir wie almal in die paleis respek het?
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Agimelek het die koning geantwoord: “Maar wie van al u amptenare is so betroubaar soos Dawid, die skoonseun van die koning? Hy is die hoof van u lyfwag en geniet hoë aansien in u huis.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Toe antwoord Ahim,leg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?
Afrikaanse Bybel 1933/1953