A A A A A
1 Samuel 22
10
Agimelek het die Here vir Dawid geraadpleeg om te hoor wat Dawid moes doen. Boonop het hy ook brood en die swaard van Goliat die Filistyn vir Dawid gegee.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Agimelek het tot die Here gebid en gevra of dit goed sal gaan met Dawid en hy het vir Dawid padkos gegee. Hy het ook die swaard van die Filistyn Goliat vir Dawid gegee.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Agimelek het vir hom by die Here uitgevind wat hy moet doen; hy het vir hom padkos gegee en hy het boonop nog Goliat se swaard ook vir hom gegee.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Agimelek het die Here vir Dawid geraadpleeg en vir hom padkos gegee. Agimelek het ook die swaard van die Filistyn Goliat vir hom gegee.”
Afrikaanse Bybel 1983

10
En die het vir hom die HERE geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Goliat, die Filistyn, aan hom gegee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953