A A A A A
1 Samuel 21
5
“Geen probleem nie,” antwoord Dawid. “My manskappe mag nie by vroue kom wanneer ons op ’n veldtog uitgaan nie. Dis die reël vir gewone veldtogte, hoeveel te meer vir hierdie een!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Dawid sê toe vir die priester: “Nee, wanneer ons gaan oorlog maak, dan het die manne nooit seks nie. Hulle wapens is ook gewyd. My manne is altyd gewyd wanneer ons saam iets gaan doen. Hierdie is 'n spesiale werk wat ons doen, daarom is hulle nog meer gewyd.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
“Maar natuurlik was ons nie by vroue nie,” antwoord Dawid. “Die manne is rein soos altyd wanneer ons gaan oorlog maak. Al is hierdie ’n gewone ding wat ons moet gaan doen, is die manne vir seker rein.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Toe sê Dawid vir die priester: “Soos altyd wanneer ek gaan oorlog maak, is vrouens vir ons verbode en daarom is die liggame van die manskappe rein. Al is dit ook 'n gewone onderneming, is die liggame vandag tog rein.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig, alhoewel dit 'n ongewyde onderneming is -- hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!
Afrikaanse Bybel 1933/1953