A A A A A
1 Samuel 21
13
Daarom het hy gemaak of hy mal is deur teen die poorte te krap en sy spoeg teen sy baard te laat afloop.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Toe hy by die Filistyne kom, het hy gemaak of hy nie weet wat hy doen nie. Hy het gemaak of hy mal is. Hy het met sy vingers op die deure van die poorte gekrap en hy het spoeg in sy baard laat afloop.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Hy het toe voor hulle gemaak of hy mal is. Toe hulle hom vang, het hy hom stapelgek gehou: hy het met sy naels aan die deure by die dorp se ingang gekrap en die spoeg het oor sy baard geloop.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.
Afrikaanse Bybel 1933/1953