A A A A A
1 Samuel 21
1
Dawid het by die priester Agimelek in Nob aangekom. Agimelek was bang toe hy Dawid sien en vra: “Hoekom is jy alleen sonder iemand anders by jou?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Dawid het in die stad Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het geskrik toe hy vir Dawid sien. Hy het vir Dawid gevra: “Hoekom is jy alleen? Hoekom is daar niemand saam met jou nie?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Dawid het in Nob by priester Agimelek aangekom. Agimelek het groot geskrik toe hy Dawid sien en vir hom gevra: “Hoekom kom jy alleen hier aan sonder iemand by jou?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Dawid het in Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het Dawid ontsteld tegemoet gegaan en gevra: “Waarom is u alleen? Waarom is daar niemand by u nie?”
Afrikaanse Bybel 1983

1
En Dawid het in Nob gekom by die priester Ahim,leg; en Ahim,leg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953