A A A A A
1 Samuel 2
6
Die Here laat doodgaan en laat lewe; Hy bring sommige na die graf, maar wek ander weer op.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Die Here maak dood en Hy laat mense weer lewe, Hy laat mense afgaan na die doderyk en Hy laat mense opkom uit die doderyk.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Die Here maak dood en Hy maak lewendig. Hy laat mense afgaan in die graf en Hy laat mense daaruit opstaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
“Die Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953