21 |
Die Here het Hom oor Hanna ontferm. Sy het weer swanger geword en nog drie seuns en twee dogters in die wêreld gebring. Intussen het Samuel voor die Here grootgeword. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
21 |
En die Here was toe baie goed vir Hanna. Sy het weer swanger geword en sy het nog drie seuns en twee dogters gekry. Maar die seun Samuel het in die tempel grootgeword. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
21 |
Die Here hét toe aan Hanna aandag gegee: sy het weer ’n baba verwag. Sy het daarna nog drie seuns en twee dogters gehad. Haar seuntjie Samuel het by die Here grootgeword. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
21 |
Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
21 |
En die HERE het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die HERE. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|