A A A A A
1 Samuel 2
2
Niemand is heilig soos die Here nie! Niemand is U gelyke nie; daar is geen Rots soos ons God nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Daar is nie 'n ander heilige God soos die Here nie, net U is God, daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie 'n ander Rots soos ons God nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Daar is geen god soos U nie. Ja, daar is geen god buiten U nie. Daar is nie nog ’n rots soos ons God nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.
Afrikaanse Bybel 1983

2
Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953