A A A A A
1 Samuel 2
19
Elke jaar het sy ma vir hom ’n manteltjie gemaak en dit saamgebring wanneer sy saam met haar man gekom het om te offer.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Sy ma het elke jaar 'n klein oorkleed vir hom gemaak en sy het dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man kom offer het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Sy ma het ook elke jaar vir hom ’n klein manteltjie gemaak en dit saamgevat wanneer sy saam met haar man Silo toe gegaan het vir die jaar se offer.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Sy ma het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring.
Afrikaanse Bybel 1983

19
En sy moeder was gewoond om vir hom 'n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.
Afrikaanse Bybel 1933/1953