A A A A A
1 Samuel 2
11
Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die Here onder toesig van die priester Eli gedien.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar die seuntjie, Samuel, het agtergebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Daarna het lkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953