1 |
Toe het Hanna gebid: “My hart is bly in die Here! Kyk hoe het die Here my geseën! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly oor u verlossing. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Hanna het gebid en gesê: “Ek is vrolik, want die Here is by my. Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Hanna het gebid en gesê: Ek is opgewonde oor wat U, Here, gedoen het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so bly dat U my gehelp het! |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
En Hanna het gebid: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Toe het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|