A A A A A
1 Samuel 18
1
Nadat Dawid met Saul gepraat het, het Saul se seun Jonatan baie geheg geraak aan Dawid. Daar was dadelik ’n band tussen hulle sodat hulle boesemvriende geword het.
2
Daardie dag nog het Saul hom saamgeneem huis toe en wou nie toelaat dat hy na sy pa toe teruggaan nie.
3
Jonatan en Dawid het toe ’n plegtige ooreenkoms aangegaan omdat Jonatan baie aangetrokke tot hom gevoel het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Nadat Dawid klaar gepraat het met Saul, het Jonatan baie van Dawid begin hou. Hy was lief vir Dawid, so lief soos hy vir homself was.
2
Saul het gesê Dawid moet altyd by hom bly, hy moenie weer teruggaan na sy pa se huis nie.
3
Jonatan en Dawid het 'n ooreenkoms gemaak, want Jonatan was baie lief vir Dawid, so lief soos hy vir homself was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
[1-2] Van daardie dag af het Saul vir Dawid by hom gehou. Hy het hom nie weer na sy pa se huis toe laat gaan nie. Toe Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan sommer baie van hom begin hou. Hy het net soveel vir Dawid omgegee as vir homself.
2
***
3
Jonatan en Dawid het vir mekaar belowe dat hulle boesemvriende sou wees, dat hulle vir mekaar net soveel sou omgee as wat elkeen vir homself omgee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Nadat Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan baie geheg geraak aan Dawid en hom liefgekry soos homself.
2
Dieselfde dag nog het Saul vir Dawid saamgevat huis toe en hom nie toegelaat om na sy pa se huis toe terug te gaan nie.
3
Jonatan en Dawid het 'n verbond gesluit omdat Jonatan hom liefgekry het soos homself.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jonatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonatan het hom liefgekry soos sy eie siel.
2
En Saul het hom die dag geneem en hom nie na sy familie laat teruggaan nie.
3
Toe sluit Jonatan met Dawid 'n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953