A A A A A
1 Samuel 18
4
Jonatan het sy mantel uitgetrek en dit vir Dawid gegee. Hy het ook sy wapenrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel vir hom gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Jonatan het sy bo-kleed en sy ander klere uitgetrek en hy het dit vir Dawid gegee, en ook sy swaard en sy pyl en boog en sy belt.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Jonatan het sy mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en vir Dawid gegee. Hy het ook sy oorlogsklere en selfs sy swaard, sy boog en sy lyfband vir hom gegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Daarby trek Jonatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953