A A A A A
1 Samuel 18
27
Dawid en sy manskappe het uitgegaan en 200 Filistyne doodgemaak. Dawid het hulle voorhuide vir Saul gebring sodat hy skoonseun van die koning kon word. Saul het toe sy dogter Mikal vir hom as vrou gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

27
Hy het gereedgemaak en gegaan, hy en sy manne, en hulle het 200 Filistyne doodgemaak. Hy het die voorhuide gebring en hy het dit alles vir die koning gegee sodat hy die koning se skoonseun kon word. Saul het toe sy dogter Mikal met Dawid laat trou.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

27
alles reggekry, saam met sy manne uitgegaan en 200 Filistyne doodgeslaan. Dawid het al hulle voorhuide gebring en dit vir die koning gegee sodat hy sy skoonseun kon word. Saul het Mikal toe met hom laat trou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

27
maar klaargemaak, en hy en sy manskappe het twee honderd Filistyne gaan doodmaak. Dawid het hulle voorhuide gebring, en dié is almal aan die koning oorhandig sodat Dawid die koning se skoonseun kon word. Saul het sy dogter Mikal aan hom gegee as vrou.
Afrikaanse Bybel 1983

27
het Dawid hom klaargemaak en met sy manne uitgetrek, en hulle het twee honderd man onder die Filistyne doodgeslaan; en Dawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee, sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter Migal as vrou gegee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953