13 |
Daarom het hy Dawid weggestuur en hom elders as hoof van ’n leërafdeling aangestel. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Saul het vir Dawid weggestuur van hom. Hy het vir Dawid 'n offisier oor 1 000 manne gemaak, en Dawid het die manne gelei. Dit het oral goed gegaan met Dawid. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Saul wou Dawid toe nie meer naby hom hê nie. Hy het hom die leier van ’n groep soldate gemaak. Dawid het die soldate in al hulle veldtogte gelei. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Saul het daarna nie meer vir Dawid by hom laat bly nie en hom aangestel as hoof van 'n leërafdeling. Hy het in die oorlog as aanvoerder van die manskappe opgetree |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit-- en ingegaan het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|