A A A A A
1 Samuel 13
1
Saul was ’n kort tyd koning in Israel
2
toe het hy vir hom 3 000 manskappe uit Israel gekies en die res huis toe gestuur het. 2 000 van hulle was by hom by Mikmas en in die heuwelagtige omgewing van Bet-El gestasioneer. Die ander 1 000 was saam met sy seun Jonatan in Gibea in Benjamin.
3
Jonatan het die garnisoen Filistyne by Gibea aangeval en verslaan. Die nuus het vinnig onder die Filistyne versprei. Saul het oor die hele land op die ramshoring laat blaas om die Hebreërs vir oorlog op te roep.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Saul was 'n jong man toe hy koning geword het en hy het twee jaar lank oor die Israeliete regeer.
2
Hy het drie groepe manne gekies uit die Israeliete. Twee groepe was by Saul by die stad Mikmas en op die berg by Bet-El, en een groep was by Jonatan by die stad Gibea in die land Benjamin. Saul het die ander manne laat teruggaan na hulle huise.
3
Jonatan het die Filistyne oorwin wat by die stad Geba moes wagstaan, en die ander Filistyne het gehoor wat gebeur het. Saul het toe gesê sy manne moet ramshorings blaas oral in die land en hulle moet vir die Hebreërs sê dat hulle moet luister.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Saul was ’n jong man toe hy koning geword het, en hy was altesaam 42 jaar lank koning oor Israel.
2
Aan die begin het Saul vir hom 3 000 van die Israeliete uitgesoek as sy soldate. Hy het 2 000 van hierdie troepe by hom in Mikmas en in die bergwêreld om Bet-El gehou, en 1 000 van hulle het hy by Jonatan in Gibea van Benjamin laat bly. Die res van die volk het hy huis toe gestuur.
3
Jonatan het die wagte van die Filistyne in Gibea aangeval. Die Filistyne het ook gehoor dat Saul al die Hebreeuse huursoldate in die land opgeroep het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Saul het al 'n jaar of twee as koning oor Israel geregeer,
2
toe kies hy vir hom drie afdelings uit Israel uit. Twee afdelings was by hom in Mikmas en in die bergwêreld van Bet-El. Een afdeling was by Jonatan in Gibea in Benjamin. Saul het die res van die manskappe huis toe gestuur.
3
Toe Jonatan die Filistynse wagpos wat in Gibea was, oorrompel het, het die Filistyne daarvan gehoor. Saul het oor die hele land die ramshoring laat blaas om die Hebreërs op te roep.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Saul het 'n jaar geregeer. En toe hy twee jaar oor Israel geregeer het,
2
het Saul vir hom drie duisend man uit Israel uitgesoek; en by Saul was twee duisend in Migmas en op die gebergte van Bet-el, en duisend was by Jonatan in G¡bea in Benjamin; maar die orige manskappe het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe.
3
En Jonatan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele land om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor!
Afrikaanse Bybel 1933/1953